Sunday, August 30, 2009

Haar liggaampie is verewig geskend in 'n gru-busongeluk , maar niks kan die vonkel uit die pragtige dogterjie se bruin bokkie wegneem nie.

Toe die jarige Anita Peens Donderdag 6 Augustus)) na'n opwindende skooldag in die
bus klim om haar huistoe te neem, sou sy nooit kon raai dat haar levee so onherroeplik sou ver¬ander nie. Soos enige ander dag, het die bus sy normale roete gery, maar in 'n oogwink het als verander toe 'n motor voor die bus in ry. Toe die busbestuurder poog om vir die motor weg te swenk, het die ondenkbare gebeur. Die bus het balans verloor en omgeval.
Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie, behalwe vir een.

Klein Anita se armpie het onder die bus beland. Hier het sy vir ongeveer 'n uur vasgesit voordat reddingswerkers daarin kon slaag om haar te bevry.

Maar die skade was reeds gedoen. Nadat dokters verbete geveg het om die armpie te red, moes hulle tog amputeer.

Die Peens-gesin was tot verlede jaar nog inwoners van Vryburg, waar Anita 'n leerder van die Vryburg Junior Universiteit was, voordat hulle hierheen verhuis het.

"Dit gaan goed met Anita, maar sy sal 'n kunsarmpie moet kry wat R150 000 kos", het 'n familielid aan Stellalander vertel. 'n Trust is gestig om die Peens-gesin te help om die prostese arm vir Anita te bekom. Enige persone wat daarin belangstel om 'n finansiele bydrae te maak, kan vir Marlette Bezuidenhout by Kotze, Low en Swanepoel in Vryburg kontak by (053) 927 3964. Betalings kan ook gemaak word by Absa. Rekeningnaam, Kotze, Low en Swanepoel. Rekeningnommer: 1310 460 210, Takkode:
632005, verwysing LP0019

No comments:

Post a Comment